Menu

Akkommodasie

Akkommodasie-Inligting

Indien ‘n wooneenheid beskikbaar is, kan voornemende inwoners okkupasiereg koop wat ‘n ooreenkoms met Vleilelie NPC insluit.
Maandelikse heffings word betaal om die uitgawes wat onder andere sekuriteit, vullisverwydering, tuindienste en sekere onderhoud, insluit.
Verder betaal die inwoners hulle eie water- en elektrisiteit verbruik. 
Wanneer die inwoners ‘n wooneenheid wil verkoop, moet dit aan Vleilelie NPC terug verkoop word teen ‘n deel van die oorspronklike koopsom plus ‘n gedeelte van die “wins” wanneer die wooneenheid aan ‘n nuwe inwoner verkoop is.

Ons nooi jou uit

NG Gemeente Waverley het Vleilelie gebou as deel van ons roeping om Christus se liefde prakties te leef. Dit is ’n plek waar geloof en sorg hande vat, en waar elke inwoner met respek en warmte ontvang word.
As jyself of ‘n geliefde ‘n veilige hawe soek waar senior volwasse persone in veiligheid en in ‘n omgee-kultuur wil woon, kontak gerus vir Dr Bettie Wagner-Ferreira by  info@vleilelie.org.za.